Oor Ons

Die TO Strand Vakansie Oord is gestig in 1963. Gedurende die laaste 44 jaar is die oord ontwikkel tot 'n unieke vakansie oord. Die vreedsame omgewing en atmosfeer maak die oord 'n fantastiese plek vir vakansie.
Daar is 93 selfvoorsienings chalets, 135 kamp staanplekke met krag en van die beste ablusie fasiliteite. Die kamp spog met 'n 4-ster gradering.

 

Die oord het ook 24 uur sekuriteit. Die interne sekuriteitskantoor word ondersteun deur gewapende reaksie eenheid, sowel as 'n wag met hond wat die oord patroleer.